Video: Pragtig! Só lyk dit binne ʼn seepbel

Argieffoto (Foto: FotoRieth/Pixabay)

Kinders is dol daaroor om na seepbelle te kyk en dis ʼn prettige tydverdryf om die borrels te blaas.

Het jy al ooit gewonder hoe dit binne só ʼn seepbel lyk? ʼn Video is onlangs op YouTube gedeel wat wys hoe die seep van ʼn yslike groot staf vrygelaat word. Die borrel reflekteer ʼn rits kleure, byna soos ʼn reënboog.

Die borrel verdwyn skielik teen die einde van die 19 sekonde lange video.

“So mooi! Dis boonop ontspanne om daarna te kyk,” het een kyker gesê.

Klik hier om te sien hoe dit lyk wanneer ‘n seepbel in 18 000 raampies per sekonde bars: https://maroelamedia.co.za/vreemdhede/video-so-bars-n-seepbel/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.