ʼn Fiksheidsprogram wat in 1989 ontwikkel is en deur perde geïnspireer is, het ʼn sensasie op die internet veroorsaak – in 2013.
Dié video, deur die 61-jarige Joanna Rohrback, ʼn maatskaplike werker, kombineer “kragstap” met enkelgewigte en galop-bewegings en word ‘pronkdraf’ (prancercise) genoem. Die vyf minuutlange lae-impakroetine is gebaseer op die “ritmiese manier” waarop perde beweeg.
Rohrback se oefenvideo, wat talle aanvanklik vir ʼn toneelstuk van Saturday Night Live aangesien het, het reeds meer as 6 miljoen kykers op YouTube gelok.
Dit is om maar weer soos ‘n kind te word en te huppel in pleks daarvan om te loop. Hardloop met ‘n ritme. Ons het dit baie gedoen as kinders.
Mense sal dink jy is mal as jy so loop/draf/stap!
Ek wil net weet wie het dié antie se onderlyf so wit geverf? Sal dit hou in die reën?
Behoede ons tog, ‘n mens noem dit nie pronkdraf nie, dis kameeldraf!