Video: Raadslid vergeet om sy mikrofoon af te skakel – toe die natuur roep

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die verrigtinge tydens die raadsvergadering in Georgetown, Texas, was vreeslik ordelik en ernstig, totdat die burgemeester vergeet het om sy mikrofoon af te skakel toe hy die badkamer gebruik het. ʼn Video van die voorval word wyd op sosiale media versprei.

Burgemeester Dale Ross staan in die begin van die video op, en terwyl burgemeester Rachael Jonrowe oor vriende en familie gesels wat antibiotika-weerstandige aansteeklike siektes opgedoen het, kan mens hoor hoe Ross urineer en dan die toilet spoel. Jonrowe sukkel om tot bedaring te kom toe sy besef wat gebeur.

Boonop voer internetgebruikers aan dat Ross nie sy hande gewas het nie, want mens kan nie ʼn kraan hoor loop nie.

Die video is die afgelope vyf dae reeds meer as 3.1 miljoen keer op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Hierdie was vir my snaaks. Het my laat terugdink aan Vetkoekpaleis se brief van Worsie en Boeboe aan Antie Poppie .” Sorry vir die glipsie….oom Frik”. Om terug te kom by die agbare lid van Texas wat met sy mikrofoon gaan kamer verlaat het,- kon darem deur die ondervoorsitter daarop gewys gewees het toe hy terug is en mikrofoon aan vergeet het, want die byklanke en die onderwerpe van die agbare tannie oor die “disease” laat my nou weer dink aan die grappie van Mike Schutte oor die Can doom vir sy insect en ook die Jik of bleikmiddel advertensie oor wat die deadly disease alles doodmaak. Arme Texas tannie en agbare raadslede dit was ‘n groot nood, want ons is almal verlig oor die atoombom en geraas. Punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.