[Video] Raak só van muise ontslae

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Onwelkome muise kan ʼn groot kopseer wees, maar jy wil hulle nie noodwendig vergiftig om van die pestilensie ontslae te raak nie. Die YouTube-doen-dit-self-fundi, Chris Notap, het ʼn oulike video op sy kanaal gedeel wat wys hoe om muise op ʼn veilige en eenvoudige manier in ʼn valletjie te vang sonder om hulle seer te maak.

Dié YouTube-gebruiker het al meer as 19 000 volgelinge op sy kanaal met video’s wat allerhande slim wenke gee vir probleme soos die bestryding van plae tot die uithaal en herplanting van bome.

In die spesifieke video wys Notap hoe jy met net ʼn 2 l-bottel, ʼn plankie, twee draadjies en houtblokkies ʼn muis kan vang sonder om hom seer te maak. Dié valletjie stel jou ook in staat om die muis in die veld vry te laat.

Besoek Notap se YouTube-kanaal vir meer sulke wenke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Weskaper ·

Simpel patent – waar kry jy sulke klein muisies wat ‘n probleem is, dit is die groter muise, maak vrek die goed so gebruik ‘n muistrap.

Stormrider ·

Ja nee Weskaper. Duidelik het hierdie kalant nog nooit met ‘n rot infestasie gesukkel nie. Wonder hoe sal my buurman voel as ek die rotte by hom loslaat. Sy tuin lyk hoeka soos die bosveld….

Paul ·

Presies dieselfde beginsel kan gebruik word om groter muise of rotte mee te vang – gebruik eenvoudig ‘n houer van ‘n ander grootte en eerder ‘n glasbottel of metaal-houer, want ‘n rot kou maklik deur plastiek.

Soveel van onnodige, nydige kritiek het ek lanklaas gesien!

En dis ‘n muisval, nie ‘n “muistrap” nie.

Meraai ·

Die rotte wat ons lewe versuur is so groot ek sal n canfruit bottel moet gebruik!

M A ·

Ai julle, kry n kat. My katte het teen die diefwering opgeklim en buite onder die dak ingekom. Daar is nie n rot oor wat voorheen doef-doef op die plafonne gespeel het nie.

Gesie ·

Verseker, M A. My pragtige gemmerkat is enige muis en rot se dood.

Matya ·

Ai, ons katte is die problem, hulle bring die lewendige muise in as persente vir ons.

Gerda ·

Maak vrek die goed, by ons het hulle die eekhorings heeltemal verjaag en oorgeneem. Dai goed dra lelike siektes en is vol vlooie wat builepes oordra

Marlene ·

Ek wil nou net weet hoeveel kilometer ver sal ek moet ry om die muise vry te laat? Immers kom hulle terug na die plek waar daar kos is. Dalk ‘n bietjie gif in daardie bottel los?

Sumsare ·

Spuit hul met petrol en steek hul aan die brand dan sal hul hardloop en so doen de sonder petrol gaan staan .

Elize ·

Baie oulike idee. Wens net ons kon dieselfde met die molle maak wat nou weer begin wys dat hul doenig is onder ons grasperk. Die duur gif help nie eens om hul vrek te maak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.