Video: Ratel te slim vir sy eienaar

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Stoffel die ratel wat deur ʼn boer in Hoedspruit met die hand grootgemaak is, het bekendheid verwerf met sy vernuftige streke om te ontsnap.

Hy is ongeveer 18 jaar gelede na die Moholoholo-rehabilitasiesentrum in Hoedspruit, Limpopo gebring en hy is in ʼn hok saam met twee wyfies vrygelaat. Die wyfies is uiteindelik weer in die natuur vrygelaat, maar Stoffel moes agterbly omdat hy al van so ʼn jong ouderdom tussen mense grootgeword het, berig Africa Geographic.

Hy het chaos in die sentrum veroorsaak en klein bokkies, hase en selfs ʼn roofarend aangeval. Hy het ook ʼn plaaslike gastehuis besoek en die personeel uit die kombuis gejaag en gaste se handsakke deursoek.

Maholoholo moes hom uiteindelik in sy eie kampie toemaak, maar hy het telkens ontsnap. ʼn Humoristiese BBC-video van sy ontsnappogings is baie gewild op YouTube en is reeds meer as 5 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.