Video: Renoster bokspring vir sy bewaarder

Skermgreep uit die video

ʼn Oulike video beeld die oomblik uit wat ʼn renoster opgewonde was om weer sy bewaarder te sien.

Die video is by Fort Worth-dieretuin in Texas verfilm. Die sesjarige Crockett, ʼn swartrenoster, bokspring van vreugde toe hy sy bewaarder, Kylee, sien.

Die dieretuin is al sedert 14 Maart gesluit vir die publiek weens die koronavirus-pandemie. Personeellede en bewaarders is egter daagliks in die dieretuin om na die diere om te sien en hulle te versorg.

Crockett is die jongste van drie kritek-bedreigde swartrenosters by die dieretuin. Volgens ʼn woordvoerder is hy spelerig en vaar baie goed wanneer hulle opleiding doen.

Nothing makes me happier than a bouncy rhino. Witness pure love in this video. What was your happy today?

Posted by Kylee Meeker on Sunday, April 5, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Suzette ·

Dit is so oulik. Wys jou hul verstaan en kan ook duidelike emosie toon. Hoe kan mense so wreed wees om hul te verniel.

Fae Fubar ·

Net té dierbaar vir woorde. Dit vermurwe ‘n mens se hart om ‘n gelukkige dier te sien.

Michelle ·

Ek is baie dankbaar daardie baba renoster is in veilige bewaring en dat daar so mooi agter hom gekyk word. Hy is dierbaar en so afhanklik van die mens sonder sy eie ma. Dankie aan die mense wat hom versorg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.