Die video is deur Hoedspruit Endangered Species Centre geneem en op YouTube gelaai. Volgens die sentrum is Gertjie en Lammie beste vriende, maar Gerrie het nog nie agtergekom dat hy nie kan bokspring soos Lammie nie.
Gertjie het binne ʼn maand ʼn internetsenasie geword vandat die sentrum hom aangeneem en begin versorg het. Sy hartseer storie word gebruik vir wêreldwye bewusmaking van renosterstropery. Lees meer oor die sentrum hier.