[Video] Renostertjie met kitaar aan die slaap gesus

Foto: Skermskoot uit die video

’n Video van ’n wees renostertjie wat aan die slaap raak terwyl daar vir haar kitaar gespeel word, word wyd versprei.

Die video is by die Care for Wild-rehabilitasiesentrum geneem. Volgens die sentrum het die renostertjie by hulle aangekom toe sy net een dag oud was nadat haar ma haar verwerp het. “Dit gaan egter elke dag beter met haar.”

Die sentrum het ’n video gedeel waar Mark Mills vir die renostertjie kitaar speel en sy dan aan die slaap raak. Mills is ’n bewaarder by die Monarto-dieretuin in Australië en werk tans vir ses maande by die bewaringsentrum.

Die video is al meer as 150 000 keer op Facebook gekyk en is ook op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Justice ·

10 uit 10 vir Mark Mills – ek vermoed dat hy vir langer as 6 maande sal moet aanbly indien die renostertjie haar sin gaan kry.

Gideon ·

Die sleep van vingers oor die snare maak ‘n skril geluit wat amper soos ma renoster se roep klink. Nou voel die kalf veiliger

Stuiwer in die beurs ·

Dis baie terapeuties, mooi so jong man.

Daai renoster baba lyk uiters gedehidreer vir my, hoop hulle gee haar elke paar ure voeding

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.