Video: Restaurant lyk kompleet soos ʼn tekenprent!

Cafe Yeonnam-dong 239-20 in Seoel, Suid-Korea

Daar is ʼn handjievol foto’s en video’s beskikbaar van Cafe Yeonnam-dong 239-20 in Seoel, Suid-Korea. Dit is ontwerp om soos ʼn 2D-swart-en-wit-tekening te lyk.

Die kunstige, monochroom-ontwerp is geïnspireer deur die Koreaanse televisieprogram, W, deur Lee Jong-suk en Han Hyo-joo. In dié program bots die karakters tussen “twee wêrelde”, die regte wêreld en ʼn fantasiewêreld in ʼn tekenprent.

Die ontwerp van Cafe Yeonnam-dong 239-20 skep ʼn optiese illusie en dit lyk byna of jy in ʼn tekenprent-illustrasie ingestap het. Die dekor, meubels, mure en vloere en selfs die eetgerei en bekers lyk soos ʼn tekening.

Kyk op die restaurant se Instagram-rekening vir nog foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lank terug ·

Dit herinner ‘n mens nogal aan die video van die popgroep a-ha se liedjie ‘Take on me’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.