Vir sommiges sal dié poets skreeusnaaks wees terwyl dit ander se grootste nagmerrie is.
SA Wardega, ʼn bekende poetsbakker van Pole, het besluit om sy viervoetige vriend in ʼn vreesaanjaende agtvoetige “monster” te verander en mense die skrik op die lyf te jaag.
Die video is op 4 September op YouTube gelaai en is al amper 20 miljoen keer gekyk.