[Video] Ritme (en liefde) ken geen perke nie

Skermgreep uit die video

Skermgreep uit die video

Meer as 17 miljoen mense weet verseker dat die paartjie in dié video oud, maar nog lank nie koud is nie.

Die paartjie, Nick en Emma, dans glo by elke geleentheid wat hulle kan en hulle 15-jarige kleinniggie het dié video geneem toe hulle op Bruno Mars se “Uptown Funk” by ʼn winkelsentrum litte losgemaak het.

Melanie Guy het aanvanklik die video gedeel van haar man se oom en tannie wat so lekker kan ruk en rol en DJ 2 Much het ook die video op sy sosiale media gedeel waar meer as 17 miljoen mense reeds daarna gekyk het.

Nick en Emma geniet beslis hul gate uit – en die skare is dol daaroor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Fransie ·

Ek dink dit is te oulik EN Maria jy sien mos nou dit is gewild — so, laai julle sakkie sakkie sodat ons dit ook kan geniet ?

Penellope Jones ·

Absoluut wonderlik! So geesdriftig en vol vreugde!

nhk ·

Nooit te oud om te dans nie! Dans met die rooi rok..die rooi rok..

John ·

Ou mense wat aandag soek? Nie ‘n aantreklike gesig nie, jammer, soos ‘n ou oom in sy Speedo of ‘n antie met ‘n rok bo die kniee. Iets maak mens hartseer. Doen saam met vriende of tuis.

Ruby ·

Ag ou John, gun elke diertjie sy plesiertjie.

Ek dink hulle is baie oulik en laat mense glimlag, unlike you.

Kallie ·

Pragtig ! En die wat suur kommentaar lewer het suur druiwe! Watter wonderlike voorreg om nog so tek jol as jy ouer is. Gaan voort en doen dit met liefde en oorgawe, die lewe is kort en gee die suurpruime so ‘n suur ,wrang pyntrek op die gsig, want hulle het vergeet om te glimlag en te leef!

Uvonka ·

Te wonderlik, ‘n mens is nooit te oud om te dans nie veral as jy ‘n passie daarvoor het. Ek sal seker eendag met my kierie in die hand nog steeds probeer. Gooi Oom en Tannie want julle kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.