Video: Rob klap man met seekat deur die gesig

Skermgreep uit die video

Taiyo Masuda en ʼn groep vriende het in Nieu-Seeland gaan roei om ʼn splinternuwe GoPro-kamera uit te toets toe ʼn rob skielik ʼn mederoeier met ʼn seekat deur die gesig geslaan het.

Masuda het verduidelik hulle het omstreeks middagete op 22 September by Kaikoura gaan roei om die nuwe Hero 7 Black-kamera te toets. Robbe het rondom hulle begin swem – waarskynlik op soek na kos.

“Een van die robbe het reg langs ons verby geswem met ʼn seekat in sy bek. Hy het skielik uit die water gekom en wou waarskynlik een van die seekat se pote afbyt, maar het ons toe deur die gesig geklap!”

Beeldmateriaal wys hoe die rob uit die water spring met die seekat in sy bek en kajakroeier Kyle Mulinder in die gesig tref.

“Dit was mal!” sê Masuda in die video.

Hy het die beeldmateriaal op Instagram en YouTube gedeel. Die video is die afgelope drie dae reeds byna 1,3 miljoen keer gekyk.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Snowball ·

Al gehoor van ‘n snotklap, maar nog nie van ‘n seekatklap nie!

ONCE IN A LIFETIME ·

Pyn of nie, dis awsome om deel te wees vd natuur op so ‘n naby situasie en dan nog op kamera ook-baie beter as a sucker punch

Loon ·

Daai mannetjie skree en gaan te kere asof sy knaters vasgeknyp word…..ek sou hom ook n klap gegee het…..
Dankie rob….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.