Video: Roerende Kersfeesadvertensie uiters gewild

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Nuwe Kersfeesadvertensie van die groot supermarkgroep Sainsbury’s in Engeland, in samewerking met die Koninklike Britse Legioen, is in minder as 14 dae reeds meer as 12 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die advertensie is gebaseer op ware gebeure. Die bykans vier minuut lange advertensie is gebaseer op die skietstilstand in 1914 toe Britse en Duitse troepe mekaar in niemandsland ontmoet, hul wapens neergelê en Kersfees saam gevier het. Hulle het ook bietjie voetbal gespeel.

Die advertensie wys hoe “Stille Nag” in twee tale gesing word en sneeu wat rondom die soldate val voordat ʼn oomblik van vrede geskep word.

AP berig egter minstens 240 klagtes is reeds by die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde teen die advertensie ingedien, aangesien oorlog as die agtergrondskets vir ʼn kommersiële maatskappy gebruik word.

Die sjokoladestafie in die advertensie is oral by Sainsbury’s te koop en alle wins gaan aan die Koninklike Britse Legioen geskenk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anet ·

Dit was een van die mooiste advertensies wat ek nog in my lewe gesien het. Daardie manne, is eintlik nog kinders, en in ‘n wonderlike oomblik kon hulle die verskille en oorlog opsy-skuif en weer net kinders wees.
Ek wens almal in Suid-Afrika kan hierdie mooi advertensie sien, en soos Elsabe se, dit laat jou dink en hoop dat dinge so anders kan wees in ons mooie land

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.