Video: Romantiese verlowing loop skeef

(Foto:
wasaibi.xo/Instagram)

ʼn Huweliksaanbod in ʼn romantiese atmosfeer op ʼn strand het skeefgeloop toe die voornemende bruid die ring in die sand laat val het.

Die skilderagtige verlowing het ʼn dramatiese wending geneem. ʼn Video van die voorval is baie gewild op sosiale media.

Die man genaamd Zay wou sy meisie Sai verras met ʼn romantiese geleentheid. Dit sluit ʼn rooi tapyt en kerse in by Coogeestrand in Sydney, Australië. Hy het selfs ʼn yslike groot “Marry Me”-teken laat oprig. Hy het saam met ʼn geleentheidsbeplanner gewerk om seker te maak alles loop vlot.

Zay het op sy een knie voor Sai gestaan en sy het hom die jawoord gegee voor sy die ring in die sand laat val het.

Sai het aan Sky News Australië gesê die ring was los. “Die ring was los en dit het van my vinger af gegly toe ek dit sowat vyf minute lank gedra het.”

Die ring is gelukkig opgespoor.

“Belangrike wenk van my verloofde: Moenie met ʼn los ring op die strand die jawoord vra nie,” het Sai op sosiale media geskryf. “Ek het geweet ons gaan op TikTok en in die nuus opeindig!” voeg sy laggend by.

“Wat ʼn wonderlike herinnering!” skryf een gebruiker. “Ek het hardop gelag! So oulik en snaaks terselfderyd,” skryf nog iemand.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by SAI. (@wasaibi.xo)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.