[Video] Rondloperbrak steel die kollig

Skermgreep uit die video

Die Weense Kamerorkes het onlangs ʼn buitelugvertoning in Turkye gehou, toe ‘n nuwe lid onverwags by hulle aangesluit het.

Die rondloperbrak se tydsberekening was in die kol en hy het kalm op die verhoog verskyn en sy opsies oorweeg. Die skare het spontaan begin lag en ʼn applous gegee vir dié verrassende element.

Die violis het ook geglimlag toe die hond besluit het om hom by sy voete tuis te maak.

Die orkes speel Mendelssohn se Italiaanse Simfonie Nr. 4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theresa B ·

Ag dis nou sweet. Hy het seker van die musiek gehou. Ek hoop iemand het hom huis toe gevat.

E.K. ·

Ons het my kat, Chocolate lank gelede in die veld opgetel. Sy is mal oor klasieke musiek en veral opera. As ek iemand soos Kiri TeKanewa se cd’s speel kom sy selfs van buite waar sy in die veld op ons plot muise jag of sommer net kat wees, af in en kom sit reg voor die luidspreker en luister. Te oulik vir ons!

Jeannette ·

My kat het ‘n afkeer aan klassieke musiek – waarvoor ek tog so lief is ….. As ek ‘n CD van André Rieu, Pavarotti of Kiri Te Kanawa aansit, kruip sy onder die bed weg. Eienaardig genoeg, sal sy daar uitkom as die “Stradetsky Mars” speel of Andrea Bocelli lostrek en dan aandagtig voor die musiekspeler gaan sit.

Elizabeth ·

Aaaaahhhh!!!! Te DIERBAAR!! Ek glo hy’t ‘n lekker en liefdevolle huis gekry! Wens daar was meer nuus soos hierdie!

Giel ·

Brak lyk eintlik heel goed. Tyfel of hy sonder huis sit. Maar ja dis oulik!!!

TESS ·

My kat het ‘n besliste musiek smaak (rustig romaties)en raak onplesierig as daar die verkeerde musiek speel

lynni ·

Turkye het pragtige rondloperhonde. In die winter kry hulle matjies en komberse waarop hulle slaap. Voor winkelvensters. Gaan google dit. Pragtige foto’s daarby.

lynni ·

Turkye het baie sulke rondloper honde. Gaan google hoe mooi hul deur weldoeners versorg word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.