ʼn Suid-Koreaanse maatskappy het ʼn plan om ʼn stad se misdaad en rondloperhonde met een uitvinding op te los.
Die maatskappy, Cheil, het ʼn baadjie ontwikkel wat ʼn videokamera aktiveer sodra die hond begin blaf en wetstoepassers kan dan deur middel van ʼn regstreekse uitsending presies sien wat die hond sien. Die maatskappy hoop om rondloperhonde in Bangkok, Thailand, met dié nuwe baadjies toe te rus.
“Ons wil ʼn instrument ontwikkel wat die voordeel van hierdie honde kan wys sodat mense kan sien dat hierdie hond snags waghonde kan wees,” het een van die ontwikkelaars gesê.
Agentskappe in Thailand, wat na rondloperhonde omsien, het die tegnologie verwelkom, maar is versigtig om optimisties te wees oor die nuwe tegnologie. “Dis te vroeg om te sê hoe prakties die baadjies eintlik sal wees,” het Martin Turner van Soi Dog Foundation gesê. “Ons weet regtig nie hoe dit gaan werk, of dit doeltreffend gaan werk en of die kamerahoeke wat ons gaan kry, die regte hoek gaan wees nie. Ons sal voortdurend aanpassings moet maak.”
Beter plan as om die arme goed te eet!
Baie goeie idee! Sal dit ook aan my eie honde wil sit!!