ʼn Winkelier van Ontario in Kanada het Saterdagaand ʼn rooftog gefnuik toe sy die dief met ʼn tros piesangs bygedam het.
Konst. Akhil Mooken, woordvoerder van die Peel-streekspolisie, het gesê beamptes is na die toneel ontbied waar ʼn man die winkel probeer besteel het. Die winkelier het gesê ʼn man het omstreeks 21:00, ʼn uur voor die winkel sou sluit, die winkel betree en die kasregister genader. Hy het geld geëis en wou sommer op die toonbank klim om die geld in die hande te kry.
Saungae Kim, die winkelier, het ʼn tros piesangs op die toonbank gegryp en die man daarmee bygedam. Hy het te voet van die toneel gevlug.
Mooken het bevestig niemand is beseer tydens die voorval nie.
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie
#PRP investigating an attempted convenience store robbery in the area of Hurontario St/John St in #Mississauga. Male suspect fled after employees defended themselves by striking the suspect with a banana. No injuries. PR19-0043246.
— Peel Regional Police (@PeelPoliceMedia) February 3, 2019
Giegiegiegie….. organiese, vegan misdaadbestryding!
Wed julle dié truuk sal nie vir SA rowers werk nie. Hulle sal jou aankla onder die Wet op Voedselbeskadiging of iets soortgelyk…
Wel tannie jy mag maar!
Ek raai die rower was bravo. Dit klink baie na SA.