ʼn Advertensie deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie om Suid-Afrikaners aan te moedig om die Springbokke tydens die Rugbywêreldbeker te ondersteun, is baie gewild op sosiale media.
“Ek hou nie daarvan dat iemand vir my sê ek gaan hoendervleis kry nie, maar hierdie advertensie het voldoen aan sy belofte,” skryf een van die Facebook-gebruikers.
“Ons is opgewonde oor hoe Suid-Afrikaners reeds op die #HomeGroundAdvantage-veldtog reageer het,” het Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, gesê. “Rugby speel ʼn noemenswaardige rol om ons land te verenig en ons is trots op dit wat die spel vermag om patriotisme te bou en te bevorder.”
Volgens hom sal die veldtog op 5 Junie om middernag ʼn interessante wending neem en ondersteuners word aangemoedig om die webwerf, Home Ground Advantage, en ander betrokke sosialemedia-kanale dop te hou.
Maar SARU, is die velkleur al reg?
dit laat die hart sommer blom. Manne van groen en goud wat nie duim sal terugstaan . Daai bekker hoort hier in ons Land , my land , jou land , almal se land
lekker man,lekker!!