[Video] Rukwind waai vragmotor op hoofweg om

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Man van die Amerikaanse deelstaat Wisconsin is ongedeerd nadat sterk windvlae van ongeveer 100 km per uur die vragmotor wat hy op ʼn hoofweg bestuur het, omgewaai het.

Rukwinde het Woensdag van vroegoggend in die suidelike dele van dié deelstaat geloei en motoriste is gewaarsku om die nodige voorsorgmaatreëls te tref deur hul spoed drasties te verminder.

Sean Chamber, ʼn motoris, het aan Fox6-nuusnetwerk vertel dié voorval het voor hom afgespeel toe hy op pad was na Nebraska.

“Die wind het die vragwa van die vragmotor vir byna ʼn myl (ongeveer 1,6 km) konstant opgelig. Die bestuurder het beheer probeer terugkry, maar ná hy oor ʼn bult gery het, het die wind die vragmotor bloot geskep en omgegooi,” sê hy.

Die bestuurder het nie ernstige beserings opgedoen nie, maar wel ʼn paar kneusplekke gehad.

Volgens Fox6 is minstens 12 ander vragmotors ook in dieselfde deelstaat deur swaar wind omgewaai.

Talle groot bome het ook in die slag gebly.

WAARSKUWING: Die persoon in die video laster twee keer. Maroela Media kon dit ongelukkig nie verwyder uit die video nie.

https://www.facebook.com/776657952462579/videos/1132664296861941/

Bron: Fox6

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Genieve ·

Nou verstaan ek nie.ek sien dan niks bome wat waai nie,het di bestuurder miskien nie ani slaap geraak nie?

Paul ·

Let op dat die bome bladwisselend is en sonder blare daar staan – iets wat ons in Suid-Afrika nie baie gewoond is nie, behalwe met ‘n witstinkhout en uitheemse eikebome.
In elk geval, wanneer bome sonder blare staan, is hul windweerstand baie minder, en dus waai hulle nie opsigtelik rond selfs in baie sterk wind nie.

amvi ·

Haha daai trok het nie eers gelyk of hy in effense winderinge toestand ry nie. Maar kyk die briekmerke! Wanneer so iets hier by ons gebeur, spring die drywer uit en hardloop weg. Daar blameer hulle die wind. :-)

Leonard van der Dussen ·

Dis nie reg om so video te plaas waarin die Naam van die HERE misbruik word nie. Kom ons gee gehoor aan die 3de gebod en vermy video’s ens waar dit plaasvind.

Netta ·

@Leonard – genugtig, moet tog nie so eng wees nie! MM HET gewaarsku oor “laster” (tog te mooi word vir ‘blasphemy’). Ek, wat self ‘n Godskind is, sien dit in die konteks van die berig en die gebeure self.

Jan Karsten ·

14 jaar in VSA gebly, niks snaaks nie, trokke waai gereeld om op hoofwee.

Marsha ·

Ek voel as julle ‘n video wil plaas waar die Here se naam gebruik word maak ten minste seker van hoeveel keer.Ek tel vier keer.Ai tog wie kan en wil tog hulle werk met trots en korrek doen.

Leonard van der Dussen ·

Daar is geen noodsaak om hierdie video te plaas nie; die 3de gebod en die eer van God is ‘n duidelike opdrag. Om te erken die video bevat laster, maar dit nie te verwyder nie, is nou oortreding op oortreding, Dis nie reg nie. Dit word voorgestel dat hierdie video verwyder word in erkenning en verootmoediging.

Kiepie ·

@Leonard: het jy die deel gemis waar daar gesê is hulle kon nie die ‘laster’ verwyder nie? Jy het ook die keuse gehad om NIE die video te kyk nie, jy weet!

Leonard van der Dussen ·

Netta, die waarskuwing maak niks reg nie: dis nie ek wat gelaster word nie, maar Naam van die heilige God van hemel en aarde. Geen nota of vrywaring kan dit goedmaak nie. Dis verkeerd, Dit mag nie. Die “waarskuwing” gee inteendeel te kenne dat die derde gebod willens en wetens oortree word.

Lynni ·

Mag mens dan nie O God sê nie. Is dit laster? Genade wat nog.

Sam ·

@ Lynni VERSEKER is dit laster. Mens sê ons Vader se naam met respek as mens tot Hom bid! Ek het ten minste die klank afgeskakel en net gekyk na die video, omdat ek ‘n vragmotor bestuur en ek het al in winde van 120km/h bestuur. Ons trek af en wag totdat dit bedaar as die wind van die verkeerde kant af kom en dit lyk asof die trok kan omwaai.

linda ·

gelukkig kyk ek net die prenkies en nie die klank

wdh is fout met julle mense?

Jaco ·

Dankie Leonard , ekt spesifiek na kommentaar gekyk of iemand iets daaroor se. Haal af die video , swak van maroelamedia om dit goed te keur om die video te laai.

Steven ·

Daar is ‘n waarskuwing dat die berig/video laster bevat wat MM nie kon verwyder nie, maar STEEDS gaan kyk mense daarna en braak gal.
Ons lewe in ‘n vreemde sameling….

Christa ·

Ons drywers is die Amerikaners twee voor!! Hulle het nie eers ‘n sterk wind nodig nie – hulle gooi sommer die trok SELF om!!!

Christa ·

Ons is die Amerikaners twee voor!! Ons het nie sulke sterk winde nodig om so ‘n groot trok om te waai nie, ons drywers doen dit sommer self!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.