[Video] SA krieketheld se vrou laat hom groot skrik

JP, Sue en Isabella Duminy (Foto: Instagram)

Die Suid-Afrikaanse krieketkolwer JP Duminy skrik nou wel nie vir ʼn krieketbal wat in meeste gevalle teen ʼn spoed van meer as 150 km/h op die krieketveld tol nie, maar ʼn yslike “spinnekop” is meer as genoeg om dié Protea-speler die skrik op die lyf te jaag.

Duminy se vrou, Sue, het vandeesweek ʼn video op sosiale media gedeel waarin sy haar man ʼn poets gebak het met ʼn yslike plastiek spinnekop.

Sue het dié grillerige gedierte in die bak van ʼn toilet in die egpaar se badkamer gesit om sy reaksie af te neem die oomblik wanneer die krieketheld dié spinnekop die eerste keer sien.

In die video, wat teen Vrydagoggend meer as 14 000 keer gekyk is, is dit duidelik hoe Duminy skrik, ʼn vinnige tree teruggee, homself regruk maak en dan besef hy is ʼn poets gebak.

Talle sosialemediagebruikers het in die kommentaarveld uitgewys dat sy krieketkolf dalk in dié situasie ʼn beter doel kan dien as om bloot krieketballe te slaan – die spinnekop sal immers nie ʼn kans staan teen dié gesoute kolwer nie.

Die egpaar is in Junie 2011 getroud. Hulle dogtertjie, Isabella, is in Oktober 2015 gebore.

JP, Sue en Isabella Duminy (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Griki ·

Wat ‘n pragtige paartjie. Ek moet sê ek is besonder beïndruk met JP se selfbeheersing. Die meeste mense wat ek ken sou boontoe geroep het dat die lug blou word en sy vrou geskel het, al is dit ook laggend.

Leeu ·

Meeste van die kere 150km/h + ? Duidelik nie n krieketkyker wat hiér geskryf het nie.

wollie ·

Ek wil net een regstellentjie maak. Meeste krieket ondersteuners sal weet dat dit baie selde gebeur dat kolwers balle van meer as 150km/h trotseer.

KG ·

Ek dink dis baie oulik. Hy het dit baie goed hanteer, ek sou sekerlik ‘n paar byvoeglike naamwoorde kwyt geraak het!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.