[Video] Sal dié ‘plaasalarm’ jou gek maak?

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Video van ʼn haan wat omtrent ʼn vertoning opsit as hy die daglig met sy kraai begroet ontketen tans ʼn debat of dié natuurlike alarm goed, of ʼn irritasie is.

ʼn Video van dié luidrugtige haan is in Augustus op die Facebook-groep Universal Nature & Wildlife World gelaai en is sedertdien al meer as 9 miljoen keer gekyk en 300 000 keer gedeel.

Sal jy só ʼn oggendroep verwelkom, of sal dit jou kens maak?

https://www.facebook.com/1637867059807581/videos/1654147571512863/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Chris ·

Nee wat ek het 3 van hulle. Mens hoor hulle amper nie. Baie lief vir hulle kraai vroeg oggend. Tot my bure is mal daar oor.

Ek ·

Ek sou dit vreeslik baie geniet. Ongelukkig is ons afgetredenes op dorp en sal my geveerde vriende glad nie welkom wees in dorp

Swanna ·

Daar is aan daardie video gekaring jammer om dit te se maar ddar is van die hanne wat nogal ‘n lang kraai kan gooi en daar is van die wat behoorlik met ‘n helder stem as ek so dit mag noem die oggend stond begroet eht. Ek het so een gehad ‘n mooi Osterlop haan. My sielsieke buurman het later my so geplae dat ek later van die ou moes onstlae raak. Maar wat ‘n mooi gesang om die dag mee te begin.

Kaufman ·

Was goed vir ouer generasies toe almal boere was en almal selfde patrone gevolg het. Beslis nie vanpas vir n moderne vooruitstrewende samelewing verskillende mense verskillende werksure, skofte end het nie.

JULIE JANSEN VAN RENSBURG ·

Nee, kyk, ek het deels op ‘n plaas grootgeword en oorlé Ma had doerie tyd ‘n mooi hoenderboerdery – meestal henne daar weekliks eiers mark toe gestuur is, maar so een of twee hane net om die henne darem gelukkig te hou – of was HANE die gelukkiges? Ek weet nie, maar hoewel die een of twee hane self soggens hulle alarms aangeskakel het, was dit veel meer draaglik as hierdie meneer in julle video wat so ellendig “vals sing” (of is dit kraai) dat indien hy sy oggendsang by my huis moes oefen, het ek lankal sy nek omgedraai – hierdie meneer se lawaai is genoeg om enigiemand gek te maak…

Gert ·

Laat hy Kraai dit Klink beter as die taxi se hoeters in die oggend en daar is niks mee verkeerd as iemand n paar hoenders aan hou in die dorp nie as die mense dit nie wil hoor nie kry oorpluisies lol

Michelle ·

Aardig aardig aardig. Hoenders hoort net op n plaas. Belaglik as mens hul in n dorp aanhou. My buurmense het een. Wil 3uur in die oggend die ding se nek omdraai.

Jo ·

Skakel al die ligte af. Die arme hoenders se horlosies is “konfoes”

martie ·

Wel ons het n mnr haan in die dorp wat ons elke oggend wakker kraai dus die mooiste klank in die oggend so oorpluisies sal dalk werk as dit die buurme as pla

Johanvz ·

Het groot geword met hoenders. Een van die aangenaamste geluide om mee wakker te word. Ek wonder of hierdie een eg is. Iemand het gepeuter aan hierdie video. Hane het nie só ‘n lang asem om so lank te kraai nie. Hierdie haan se stem laat hom erg in die steek en so ook sy vlerk geklap, baie onellegant. Hy moet die skollie van sy buurt wees.

Henry ·

Ek het n 558 Olifant geweer die kaliber is te klein om van die Kapokie ontslae te raak?

Manie ·

Neeeeeeeee! !!! Die ding sal jou gek maak. Pot toe met hom!!

Ig ·

Ek het n soorthelyke haan wat amper so klink maar glad nie so lang asem het nie.As ek hom hoor in die oggend dan weet ek,nou is dit opstaan tyd.

Gerhard ·

Al hierdie kekkelende mense wat so kerm oor die kraai van ‘n haan het blykbaar geen probleem om die hele nag te lê en luister na hulle en hulle bure se keffende honde nie!!! Nee wat, ek luister baie eerder na die kraai van ‘n haan vroeg in die more as na die geblaf van ‘n brak.

Susan ·

Dis ‘n verpesting in die dorp. Ons bure het al vir maande ‘n hele hoenderhok en behalwe vir die haan wat 4-uur in die oggend begin lawaai, maak die henne dan ook hulle kele skoon. Toe ons vra dat hulle dit asb (ter wille van goeie buurmanskap) afskaf vertel hulle ons ‘mens raak dit naderhand gewoond’. Wel, ek raak dit nie gewoond nie!!!

Jan ·

Werfhaan? Nav ‘n bekende se uitlatings. Ek moet maar versigtig wees né.

dirwou ·

Het n projek gedoen en vir n ruk in Ganeysa in NW gebly Duisende hane kraai elke oggend Dit is n wondelike belewenis om so die dag te begin Hane Bo!!!!!

Alida ·

Dit is tog duidelik dat die gekraai gemanupileer is. Geen haan rek sy kraai vir so lank uit nie. Hy begin reg maar o wee die einde is nie reg nie.

Andre de Kock ·

Geen wonder die dorpskinders dink n hoender kom van P&P af nie. Dis hoekom almal laat is in die oggend. n Goeie haan kraai 5 uur in die oggend. n Goeie mens staan 5 uur op.

Niccy ·

Wonderlik om hane so vroeg in die oggend te hoor kraai. Verkies dit bo die geloei van sirenes in die stede as ons vir die kinders gaan kuier. Ons het self hoenders op die plaas en dit is kostelik as die jong hane begin kraai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.