Dié pretrit is in Julie vanjaar aan die publiek beskikbaar gestel en is volgens berigte die hoogste vryval-pretrit in die wêreld.
Mense wat braaf genoeg is om die rit aan te durf word vir sowat 30 sekondes opgehys voordat hulle binne 10 sekondes terugval aarde toe. Die rit behaal ʼn topspoed van tot 140km/h in ses sekondes. Die pretrit is hoër as Londen se Big Ben (96m) en die Statue of Liberty (93m).