Video: Sal jy dit waag?

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die Zumanjaro Drop of Doom-pretrit by die Six Flags Great Adventure-pretpark in New Jersey in die VSA is beslis nie vir sissies of diegene met hoogtevrees nie, aangesien dit ʼn vryval van 126 m het.

Dié pretrit is in Julie vanjaar aan die publiek beskikbaar gestel en is volgens berigte die hoogste vryval-pretrit in die wêreld.

Mense wat braaf genoeg is om die rit aan te durf word vir sowat 30 sekondes opgehys voordat hulle binne 10 sekondes terugval aarde toe. Die rit behaal ʼn topspoed van tot 140km/h in ses sekondes. Die pretrit is hoër as Londen se Big Ben (96m) en die Statue of Liberty (93m).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.