[Video] Salig onbewus dat ʼn beer haar jaag

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Sneeuplankryer het die angswekkende oomblik verfilm toe ʼn beer haar jaag – salig onbewus van dit wat agter haar gebeur.

Kelly Murphy was by Hakuba 47 Wintersportpark in Japan toe sy die video geneem het. In die video kan mens sien sy maak haarself gereed en hou dan ʼn kamera – waarskynlik op ʼn selfiestok – vas.

Volgens Murphy het sy eers met ʼn skok besef wat gebeur het toe sy agterna die video gekyk het. “Ek het Rihanna se ‘Work’ gesing en nie geweet hy was agter my nie!” skryf sy in die byskrif op YouTube.

Die beer vang haar nie, maar dit wil aanvanklik voorkom of hy teen dieselfde spoed as sy teen die berg af beweeg.

Nie almal is egter oortuig dis die waarheid nie. “Dis ʼn vervalste video,” skryf die een kyker.

Hakuba is in die Japannese Alpe geleë, buite Nagano en die Winter Olimpiese Spele is in 1998 hier gehou. Asiese swart bere kom algemeen voor in die gebied en aanvalle in Nagano is gereeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.