Vragmotors is die bron van angs by vele motoriste, maar Samsung het ʼn goeie manier gekry om padverbruikers se spanningsvlakke so klein bietjie te verlaag.
Dié maatskappy het massiewe skerms aan die agterkant van hul vragmotors aangebring sodat die motors agter hulle op die skerm kan sien wanneer dit veilig is om die vragmotor verby te steek. Verskeie kameras is op strategiese plekke aan die vragmotor geheg sodat mens duidelik kan sien wat voor die vragmotor aan die gebeur is. Samsung het bevestig dat dié tegnologie werk en glo dat dat dit baie lewens kan red.
Wat ‘n briljante idee, veral in ons land waar almal soos besetenes op die paaie ry! Wonder net hoe lank so ‘n skerm sal hou voor lang vingers dit af steel!
Ek stem n briljante idee maar sal nie werk in ons land nie
Kan hulle dit asb op die busse en taxis ook sit.
dit kan werk by almal met groot voertuie
Voorwaar uitstekend maar in SA . . . .
Ek het so ‘n maand of twee gelede ‘n K53 aangeskaf want sien die ou boekie het laaaaannnnk na my bestuurslisensie die lig gesien. Gou het ek agtergekom van die leemtes wat daar is.
Wanneer ‘n groot voertuig van voor aankom kan jy bykans seker wees dat daar ten minste een voertuig agter hom is wat wil verbysteek.
Hou dus sover as wat dit veilig is links aan jou kant van die pad sodat aankomende verkeer jou makliker kan sien. Dit maak ook dat jy op jou beurt die voertuig wat wil verbysteek makliker kan sien.