Video: SA’ner vra vreemdelinge om te dans …

Skermgrepe uit die video

Miklas Manneke, ʼn jong filmmaker van Johannesburg, het die afgelope twee jaar oor die wêreld heen gereis en vreemdelinge gevra om vir hom te dans.

Van die persone was eers huiwerig, maar dis duidelik dat hulle dadelik geniet sodra hulle begin dans! Manneke het twee jaar gelede met dié projek begin toe hy in China gereis het.

“Ek het twee jaar oor die wêreld heen gereis en vreemdelinge ʼn eenvoudige vraag gevra: Sal jy vir my dans?” skryf Manneke by sy YouTube-video. “In ʼn era waar dit wil voorkom of ons almal verdeel is – of dit nou grense of taal is – is daar een ding wat ons almal herenig. Hierdie video is ʼn ode vir hulle, en vir ons.”

Manneke moedig mense aan om video’s, waar hulle self dans, op Instagram te laai met die hutsmerk #KeepDancing. “Kom ons maak dit die langste dansvideo ooit!”

Manneke is ʼn studente Oscar-genomineerde (vir “Best Foreign Student Short Film”) en het ʼn Safta-toekenning ontvang as regisseur/skrywer. Hy is veral bekend vir sy kortfliek in 2013, Kanye Kanye, wat hy as vierdejaarstudent vervaardig het.

Plekke wat Suid-Afrikaners in sy dansvideo sal herken is Graskop, Clarens, Johannesburg, Parys, Pretoria, Port Elizabeth en Soweto.

Hy het ook vreemdelinge in onder meer Amerika, Engeland, Duitsland, Kanada, België, Frankryk en China verfilm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michelle Kellermann ·

Ek lief hierdie…soveel negatiewe dinge wat elke dag die nuus oorheers. ‘n Goed voel video?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.