[Video] Seekoei in buurt laat almal gons

‘n Skermskoot uit die video

Sosiale media gons behoorlik oor ʼn seekoei wat Dinsdag rustig in die strate van Limpopo rondgeloop het.

Twee mense op ʼn bromponie het die skrik van hul lewe gekry toe hy flink in hulle rigting gedraf het, selfs nadat hulle ʼn wye daai om hom probeer ry het.

Leon Fourie, ʼn sakeman van die omgewing wat seekoeie aanhou, het gesê dié dier behoort nie aan hom nie, maar is na alle waarskynlikheid ʼn rondloperseekoei wat vermoedelik met die Limpoporivier langs in die omgewing beland het.

“Die enigste plek waar daar grond aan weerskante van die rivier is, is in die reservate. Talle seekoeie het dus al hulself daar gevestig omdat hulle daar in die omgewing veilig is,” sê Fourie.

Hy sê dié diere loop gewoonlik in pare rond, en hy vermoed dié rondloperseekoei was “bevriend” met ʼn seekoei wat twee weke gelede in ʼn ongeluk met ʼn voertuig dood is.

“Hy wou dalk maar net maatjies maak,” spot hy.

Geen inwoners is beseer nie.

Die Engels vir seekoei, “hippopotamus”, is afgelei van die Grieks vir “rivierperde”.  Die dier kan ʼn spoed van tot 30 km/h haal. Die diere weeg tussen 1 300 en 1 500 kg.

https://youtu.be/FSwM0kLpHBc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Angie ·

Die berig is nie heeltemal reg nie. Hy het soos in die video gehoor kan word in Knoppesdoring straat in Onverwacht naby Laerskool Bosveld geloop. Wat n goeie paar km van Ledibeng Eco Estate af is.

Janie Monsieur ·

Dagsê Angie,
Dankie vir jou kommentaar. Die inligting wat ons gebruik het is soos ons dit van verkeie bronne af gekry het. Ons het dit wel nou gewysig, so dankie dat jy ons daarop gewys het!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

AJ ·

Die bestuurder kan bly wees hul het nie ‘n Chomp in die voertuig gehad nie, dan sou Ou Grootbek die laaste gelag het.

Anelize ·

Stem ook saam hierdie was in dorp self en nie in Estate,en daar was wel niks beserings maar wel n motor in die slag

Janie Monsieur ·

Dagsê Anelize,
Dankie vir jou kommentaar. Die inligting wat ons gebruik het is soos ons dit van verkeie bronne af gekry het. Ons het dit wel nou gewysig, so dankie dat jy ons daarop gewys het!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Kosie ·

Die berig is baie swak geplaas. Dit was in Onverwacht n gedeelte van Ellisras (Lephalale). Die foto is redelik ver van Ledibeng en die boer waarna verwys word is Leon Fourie nie Fritz nie… Dis nie die eerste berig wat maroela media so swak plaas nie, dink enige inligting moet met n knippie sout geneem word.

Janie Monsieur ·

Dagsê Kosie,
Dankie vir jou kommentaar. Die inligting wat ons gebruik het is soos ons dit van verkeie bronne af gekry het. Ons het dit wel nou gewysig, so dankie dat jy ons daarop gewys het!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Sê maar net. ·

Dis in Ellisras, ( Lephalale) vir die mense wat nie weet waar Ledibeng Eco Estate is nie.

Marina ·

Ek kan net nie glo dat die bromponie so dom was om by hom verby te ry nie, hy kan bly wees die seekoei het hulle nie beetgekry nie!! Eintlik is die nuutste lid van “Monster Security” lol.

Idihooter ·

En dan dink dis skreeusnaaks. Die arme dier is duidelik onder stress en nou maak die idioot dit nog erger deur die dier aan te jaag en ‘n geraas te maak. Hy kan baie bly wees die seekoei het nie omgedraai en sy kar ‘n hap gegee nie.

Wat is . . . ? ·

Wat is . . . ?:
“‘n wye daai” (par. 2)
“twee gelede” (par. 5)
Wat het toe geword van die seekoei?

Janie Monsieur ·

Dagsê Wat is…?
Dankie vir jou valkoog! Die berig is gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Lee ·

Hoop hulle sal die arme seekoei weer terug sit by maaitjies. Arme ding.

amvi ·

Waarom is die ander seekoei dood agv ‘n motor ongeluk!! watse spoed het die persoon gery om ‘n seekoei te dood? En waarom was die seekoei in die strate???

Tanya ·

AMVI, wat van, is die persoon okey wat die ander seekoei getref het? Soos jy seker kan aflei, weet niemand waar die seekoei vandaan kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.