Video: Seemeeu gryp kos uit sy mond

Skermgreep uit die video

As jy al ooit in ʼn kusgebied was waar seemeeue vergader, dan weet jy waarskynlik dat jy jou ete op eie risiko geniet.

ʼn Video is op TikTok gedeel deur die gebruiker Sophie Ellen McGill van die oomblik waar ʼn honger seemeeu onverwags toegeslaan het en ʼn KFC-wrap uit haar vriend Matthew se hand gegryp het net toe hy ʼn happie wou vat.

Die beeldmateriaal van die voorval by ʼn winkelsentrum iewers in die Verenigde Koninkryk is uitstekend verfilm en vir dramatiese effek teen ʼn stadige spoed gedeel sodat mens presies kan sien wat gebeur het.

Die video is reeds meer as 2,4 miljoen keer gekyk.

@sophieellenmcgill

seagull 1 matthew 0 #fyp #foryou #seagullattack #trauma #ptsd #kfc

♬ Oh No – Kreepa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.