Video: Seemeeu tref meisie op tuimeltreinrit

Skermgreep uit die video

Tuimeltreinritte kan groot pret wees – totdat ʼn seemeeu besluit om saam te ry.

Twee tienermeisies in New Jersey in die VSA was ook op soek na ʼn bietjie adrenalien toe hulle besluit het om op die katapultrit te ry vir een van hulle se verjaarsdag.

Die rit het egter ʼn ongewone wending geneem toe ʼn seemeeu onverwags die een meisie getref het.

ʼn Video wat deur die YouTube-kanaal Viral Hog gedeel is, wys hoe die twee meisies opgewonde, maar angstig, sit en wag vir die rit om te begin. Die katapult hang vir ʼn paar sekondes doodstil voor dit skielik teen ʼn volle vaart wegspring. Tydens die rit tref ʼn seemeeu die meisie onverwags. Sy sukkel om te verstaan wat gebeur en skree met ʼn angstige uitdrukking op haar gesig. Sy gebruik dan haar een hand om die voël, wat byna teen haar vassit, van haar lyf af te gryp en dit lyk of die voël ongeskonde wegvlieg.

“Georgia en Kiley het met Georgia se 14de verjaarsdag op die katapult gery en ʼn onverwagse gas gehad,” lui die beskrywing by die video. Die voorval het glo reeds op 6 Julie gebeur.

Sommige kykers het gesê hulle is geskok oor dit wat gebeur het, maar ander sê hulle kan nie ophou lag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Belinda ·

lmga praat van op die verkeerde tyd en plek vir die arme seemeeu…

isabelle ·

arme seemeeu so lank niemand beseer is lag ek ook lekker…kan jy nou meer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.