Video: Senator se selfoondeuntjie verskaf baie pret

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Senator Pat Roberts van Kansas in Amerika het Donderdag vir groot vermaak in die senaat gesorg met sy selfoondeuntjie van die bekende kinderfliek, Frozen.

Tom Vilsack, sekretaris van landbou, was besig met sy toespraak toe “Let it go” kliphard begin speel en die kongreslede begin lag het.

“Laat dit net gaan, meneer,” het Roberts geskerts toe hy om verskoning gevra het vir die onderbreking.

Die 78-jarige Roberts het vyf kleinkinders en dis moontlik een van hulle wat hul oupa se selfoon beetgehad het. Die liedjie volg onderaan die video.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.