Video: Seun gered wat kat wou red

(Foto: Indianapolis Fire Department/Facebook)

ʼn 17-jarige seun is Sondag uit ʼn boom in Holliday Park in Indianapolis in die VSA gered, ná hy ʼn kat wou help.

Die brandweer in Indianapolis sê hulle is laatmiddag na die toneel ontbied waar die 17-jarige Owen in ʼn boom vasgekeer geraak het. Hy het aan brandbestryders gesê hy wou net ʼn goeie daad verrig en die kat help wat sowat 10 meter hoog in die boom vasgesit het.

“Owen het nie gesukkel om in die boom op te klim nie, maar hy het op ʼn plek in die boom beland waar hy nie maklik weer kon afkom nie,” het die brandweer in ʼn plasing op sosiale media gesê. “Dit het die span ongeveer ʼn uur lank geneem om Owen teen omstreeks 18:30 veilig grond toe te bring.”

Die brandweer sê hulle kon nie bloot net ʼn leer van die brandweerwa gebruik nie, omdat die grond te sag was om die gewig van die voertuig te kan hanteer.

Paramedici het Owen ondersoek en hy is aan sy ouers oorgegee. Hy het slegs ʼn paar skrape opgedoen.

“Dit het gelyk of die kat die rumoer geniet het, alhoewel hy nie enige poging aangewend het om uit die boom te klim nie,” het die brandweer bygevoeg.

Inwoners was egter ontsteld dat die brandweer nie ʼn poging aangewend het om die kat ook te red nie.

Die eienaars van die kat het in die kommentaar laat weet dat hulle uiteindelik ʼn privaat maatskappy moes ontbied om hulle te help om die kat uit die boom te haal.

#IFD #OnScene

Posted by Indianapolis Fire Department on Saturday, March 5, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lollapop ·

Armse kat die seun het dan sy lewe gewaag, so als verniet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.