Die Scunthorpe Telegraph berig Sarah Bromby (28) het die video gemaak aangesien sy meen dit ʼn kosbare herinnering sal wees om oor ʼn paar jaar met haar seun Ethan te deel.
Volgens Brumby wil Ethan graag ʼn babasussie hê maar weet hy dit is nie iets wat hy kan kies nie. Die video is intussen al meer as 20 miljoen keer op Facebook gekyk en ook later op YouTube gelaai. Brumby se babatjie word in Januarie gebore en hulle sal na verwagting volgende maand hoor wat die geslag van die baba is.
Ag my moeder dis so oulik
Ek wens om so iets my my meisiekind te deel.
Dit is die dierbaarste wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Ai wat ‘n ou engel kind hy gaan beslis eendag ‘n ginekoloog word. LOL.
Kyk ook die karstoeltjie, dié ma gee om vir jaar kind.
Oulik verby man! En hy wil sy “teacher” vertel en alles! Ougat!