[Video] Seuntjie in verwondering oor swangerskap-nuus

Ethan Bromby

Ethan Bromby

ʼn Video van ʼn vyfjarige Britse seuntjie se reaksie toe hy uitvind hy gaan ʼn ouboet word, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media en is al miljoene kere gekyk.

Die Scunthorpe Telegraph berig Sarah Bromby (28) het die video gemaak aangesien sy meen dit ʼn kosbare herinnering sal wees om oor ʼn paar jaar met haar seun Ethan te deel.

Volgens Brumby wil Ethan graag ʼn babasussie hê maar weet hy dit is nie iets wat hy kan kies nie. Die video is intussen al meer as 20 miljoen keer op Facebook gekyk en ook later op YouTube gelaai. Brumby se babatjie word in Januarie gebore en hulle sal na verwagting volgende maand hoor wat die geslag van die baba is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Magda ·

Ag my moeder dis so oulik
Ek wens om so iets my my meisiekind te deel.

andriette ·

Dit is die dierbaarste wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Ai wat ‘n ou engel kind hy gaan beslis eendag ‘n ginekoloog word. LOL.

Peet Schabort ·

Kyk ook die karstoeltjie, dié ma gee om vir jaar kind.

nig ·

Oulik verby man! En hy wil sy “teacher” vertel en alles! Ougat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.