[Video] Seuntjie sluk partytjieblaser, kon nie ophou toet nie

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn 10-jarige seuntjie wat per ongeluk ʼn partytjieblaser ingesluk en toe “getoet” het in plaas daarvan om te praat, is reeds meer as 9 miljoen keer gekyk.

Die lagwekkende beeldmateriaal is verlede week deur Santiago Gomez Zuviria van Tucumán, noordwes van Argentinië, op Facebook gelaai. “Die les van die storie is: wees versigtig waarmee jou kinders speel.”

Foto’s van die seun en ʼn vrou, vermoedelik sy ma, in die hospitaal en ʼn foto van die blasertjie is saam met die video gepubliseer. Dokters moes die blaser verwyder.

Zuviria het later in die kommentaar laat weet hy het slegs die video op sosiale media gelaai om mense te waarsku oor die gevare van verskillende speelgoed, en versoek dat persone nie die seuntjie sal verkleineer nie.

Die seuntjie het ten volle herstel, maar dit is nie duidelik hoe lank hy getoet het nie.

 

https://youtu.be/kPU4DDOeBXw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lourance ·

Daai gesig sê hy is al baaaaaie gevra om in te asem :DD

Laurika ·

Ek het nou so lekker gelag…. kan sien die arme kind geniet glad nie meer daai partydjie blaser nie….

Carien ·

…..dit is nie duidelik hoe lank hy getoet het nie. Bhahaha, lanklaas so lekker gelag.

Theresa ·

Dis TE veel gevra om nie te lag nie. Dis hillllaaaarioussss!!!! Wonder of die blaser nog in die papierding was wat langerig is en opkrul en uitkrul as blaas. Dan was dit ‘n lang stuk op te sluk!! Histeries!!!!!

Chris ·

Die kind se storie het my binnepret gegee. Gelukkig is die fluitjie nog nie te diep in nie. Kan nogal snaakser wees as die fluitjie amper by die ander kant gewees het. Lopende gansie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.