Video: Sewejarige blits 100 m in 13.48 s!

Die sewejarige Rudolph Ingram is ’n internetsensasie ná ’n video van hom gedeel is waar hy die 100 m in 13.48 s voltooi. Foto: Facebook.

Met sy rastalokke, blokkiesmaag en arrogante stappie, lyk Rudolph “Blaze” Ingram of hy veel eerder op die silwerskerm tuis sal wees as agter die huiswerkboeke.

Maar die sewejarige Florida-boorling is reeds ’n ster op sosiale media en hy het amper 400 000 volgelinge op Instagram, ná ’n video van hom verskyn het waar hy die 100 m in ’n verstommende tyd van 13.48 s afgeblits het.

By dieselfde byeenkoms het hy die 60 m in ’n tyd van 8.49 s kafgedraf!

In ’n onderhoud met Runner’s World, het die sewejarige se pa, Rudolph Ingram senior, gesê dat sy seun se kompeterende geaardheid en sy werksetiek hom vinniger as sy teenstanders maak.

Ingram het binne ses maande sy vorige 100 m-rekord van 14.59 s (in Augustus verlede jaar) met meer as ’n sekonde verbeter.

Met sy blokkiesmaag en rastalokke lyk hy meer soos ’n aksiefilmster, as ’n sewejarige. Foto: Facebook.

“Hy hardloop al vandat hy vier jaar oud is en al hou ek nie baie daarvan om dit te sê nie, glo ek dat hy ’n een‑uit-’n-miljoen-kind is.”

Sy Amerikaanse voetbalvaardighede het die Amerikaners ook in ekstase.

  • Usain Bolt is die wêreldrekordhouer in die 100 m met sy 9.59 s wat hy by die Olimpiese Spele gehardloop het.
  • Akani Simbine is die Suid-Afrikaanse rekordhouer met sy tyd van 9.89 s.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Judge Dredd ·

Maar kan hy ‘n bier in onder 10 sekondes klaarmaak?

Morris ·

Hehehehe, lekker lag ek nou. Daai mannetjie is so fiks, al kan hy daai bier in 10 sekondes drink gaan hy nie vining opstaan daarna nie. Maar kyk, die bulletjie kan hol hoor.

Vonkprop ·

Soos ek kan aflei het die mannetjie maar ‘n houding. Ek hoop nie dit kelder sy toekoms, talent en sukses nie. Hy kan dit ver vat as hy reg bestuur word.

Ellisras ·

Ek is al oor 60 en ek doen nog ‘n 100 m in net meer as 10 min. Ek sukkel om die 10 grens te breek.

JohanL ·

Watse tyd? Elektronies (stophorlosie) of handtyd (koek-koek klok) ? :) :)

Koos ·

Ek is ook oor die 60 en gebruik ń kalender om my 100m tyd te meet

Johanné Steyn ·

Vonkprop, gun hom daai houdinkie. Hy mag maar so houding hê, hy het 7 jaar gewerk daarvoor. Sy houding sê hy glo in homself en sy potensiaal, en dit gaan hom ‘n blink toekoms verseker. Dis awesome!!!

Amanda ·

Solank hy dit natuurlik doen en nie nou al uitgebrand word nie is dit fantasties.

Bamsie ·

Hy sal nog vinniger hardloop as sy hare korter is. Hoe kry hy sy maag spiere so op daai ouderdom? Hoop sy ouers ondersteun hom en druk hom nie.

Wenner ·

Ek is KLEIN bietjie bekommerd. Sy liggaampie is TE ontwikkeld vir n 7jarige seuntjie. Ek wonder of hy ooit kans kry om net n kind te wees. Hy Kom bietjie TE selfversekerd voor. Wonder of hy nie baie druk kry van n ander oord af om te presteer nie. Wonder maar net

LHS ·

Hierdie is die grootste liegstorie wat versprei word. Geen 7 jarige se maagspiere kan so lyk van normale oefening nie, geen 7 jarige sal daardie tye natuurlik kan hardloop nie. Indien dit wel waar is, is hy so hoog op verbode middels dat dit eintlik sy pa in die tronk kan laat gaan draai. Jy sal oor so jaar of drie nooit weer van hom hoor nie, hy gaan uiteindelik met
soveel beserings sukkel dat hy heel sal moet ophou.

Peta ·

Hier is spoed,soos ou Spiekeries gese het van Jaco Reinach.Ons gan nog baie van hierdie mannetjie hoor.Oefen van kleins af hard om die beste te kan wees.Is dit nie n voorbeeld vir baie ander kinders van daai ouderdom wat net wil games speel en voor die tv le nie?Jy kan lekker speel met jou maatjies en kind wees,maar niks fout daarmee om so jonk al jou talente te gebruik nie.

ANNA ·

????GENUGTIG BOETIE❗❗❗
DIS PRAGTIG OM TE SIEN, WOWWOWWW????
BLÝ NET NEDERIG ASB ?

Andrew ·

Nee nee, dis nou die nuwe SA….ons gebruik nie meer die “B” woord nie – hahaha

Gert ·

Ag nonsense LHS, hou op om so stereotiep te wees. Hardloop is natuurlike aksie, en hy het ‘n baie goeie tegniek, gee hom krediet impv strooi te praat!

LHS ·

Ou Gert, duidelik het jy geen kennis van die menslike liggaam se ontwikkeling, sportwetenskap of die gebruik van uiters gevaarlike hulpmiddels op daardie ouderdom nie
Gaan haal vir my enige ander 7 jarige in die wereld wat natuurlik so ontwikkel het. Nie eers amper moontlik nie. Kreatien en later steroiede is n uiters gevaarlike speletjie vir volwassenes, wat nog te sê van uiters jong kinders. n Sewejarige se vingers is normaal nog nie eers sterk genoeg om by n wegspring so hoog te kan staan nie, dit alreeds bewys superman se onnatuurlike liggaamlike ontwikkeling. Nee wat daar is net 2 moontlikhede, of liegstorie of jy sal oor n jaar of 3 nooit weer van hom hoor nie. Hoekom dink jy is die steeds huidige vroue wereldrekordhouer in die sprints so uiters vroeg in haar lewe oorlede. Gaan lees maar bietjie na.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.