Video: Siek meisie kry ongewone kaartjies by spietkop

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Pa van Wisconsin in die VSA het besluit om sy siek dogter op ʼn ongewone manier te verras nadat sy ʼn groot gedeelte van 2014 in die hospitaal deurgebring het.

ABC News berig dat Marc Daniloff met die Saukville-polisie gereël het om sy vir dogter, Audra, ʼn spesiale geskenk af te lewer. Audra ly aan ʼn rare siekte wat haar immuunstelsel aanval.

Audra was einde verlede jaar op pad skool toe, toe sy deur ʼn verkeersbeampte van die pad af getrek is. “Ek het goeie en slegte nuus vir jou,” het die verkeersbeampte aan Audra gesê. “Die slegte nuus is dat ek vir jou twee kaartjies gaan gee. Die goeie nuus is dat dit waarskynlik nie die kaartjies is wat jy van my sal verwag nie.”

Die verkeersbeampte het vir Audra ʼn vliegkaartjie na New York en konsertkaartjies vir haar gunsteling musiekgroep gegee.

“Jy is my gunsteling polisiebeampte in die hele wêreld,” het Audra uitgeroep met trane wat teen haar wange af gerol het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michael. Pretorius ·

Lekkerrr… nuus.. alles wat n mens soek.. Enige tyd van die dag/Nag…” Great” hou so aan…..

elize visagie ·

Baie dankie Maroela Media is n lig in donker SA Ek geniet en waardeer jul baie hou so aan Is hier in warm e afgesonderde Karoo

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.