Video: Simfonie met fietsonderdele

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die musikant, Flip Baber, ook bekend as Johnnyrandom, speel ʼn onkonvensionele simfonie deur fietsonderdele as musiekinstrumente te gebruik.

Baber het aan die Berklee College of Music studeer en toe sy eie musiekstudio oopgemaak. Sy eerste bekende komposisie was fietsmusiek vir die rolprent Goodbye in 2006. Hy het in 2006 ook ʼn weergawe van Tsjaikofski se Neutekraker met fietsonderdele nagemaak.

Sy jongste stuk, Bespoken, is geskryf as ʼn simfonie en het langer as 7 maande geduur om te voltooi. Dit is op iTunes beskikbaar.

Johnnyrandom | Bespoken from Johnnyrandom on Vimeo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.