Video: Sinkgat sluk alles rondom hom

Skermgreep uit die video

Bisarre beeldmateriaal in Kenia wys hoe ʼn klein sinkgat alles rondom hom insluk.

Die sinkgat is in Kericho geleë, berig Yahoo News. Die video is geneem net ná swaar reën in die gebied en die, skynbaar skadelose sinkgat, begin die omliggende water insuig. Bale lang gras word dan ook ingesluk onder ʼn gejil van omstanders.

Kericho is in die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika waar die Afrika-verskuiwingslyn in twee afsonderlike lyne verdeel word. As ʼn aktiewe tektoniese sone word dit gekenmerk deur vulkaniese aktiwiteit en verskeie sinkgate, skeure en ondergrondse holtes word gevorm.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.