Video: Sirkus-leeutemmer aangeval

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Leeutemmer van ʼn sirkus in Egipte is tydens ʼn vertoning deur een van haar leeus aangeval.

ʼn Video van die voorval is op YouTube gelaai en mens kan sien hoe Faten El-Helw op die verhoog stap en aan die skare wuif voor die leeu skielik spring en haar aanval.

El-Helw kon loskom uit die leeu se greep en ʼn ander sirkuswerker het die leeu na die hok teruggelok. Sy het ʼn haarlynfraktuur aan haar pelvis opgedoen en na drie dae is sy in ʼn bestendige toestand, het Ahram Online berig.

El-Helw se man is in 2004 dood toe ʼn leeu hom tydens ʼn soortgelyke voorval aangeval het.

Die Daily Mail het berig daar was al minstens vyf voorvalle waar El-Helw-familielede deur leeus aangeval is. Die patriarg, Mohamed El-Helw is in die 1980’s dood nadat hy tydens paringseisoen ʼn bakleiery tussen twee van die leeus wou stopsit. Op sy sterfbed het hy versoek dat die leeu nie van kant gemaak moet word nie, maar die dier het na die aanval nie weer geëet nie en uiteindelik van uithongering gesterf.

Bron: Daily Mail
http://youtu.be/_58TEegeU4E

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boesman ·

Good. Die arme leeu. Hoort nie in so n STUPID sirkus nie.

Elfie ·

GEEN, maar GEEN simpatie. Hul slaan mos die arme goed en veral op hul sensitiewe neuse om hul toertjies te leer – dit alles vir die selfsugtige MENS wat alles wil beheer, onderdruk, seermaak. Leeus hoort in die wild

Retha ·

Stem 100% saam: kry vir jou! Daar is nie pille teen domheid nie, haar man is in soortgelyke voorval dood. Hoop jy word gesond en dat Tau jou ordentlik kan laat verstaan hy WIL wees en HOORT in die natuurlike omgewing. Moet hy vir jou ‘n brief skryf of WAT verstaan jy nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.