Video: Skape vorm hartjie vir geliefde tannie

Skermgreep uit die video

Ben Jackson, ʼn boer van Australië, kon nie sy tannie se begrafnis bywoon nie, weens Covid-19-regulasies. Hy het egter ʼn baie spesiale boodskap gereël toe hy sy skape in die vorm van ʼn hartjie aangejaag het.

Hommeltuig-beeldmateriaal van die ooie is by tannie Deb se begrafnis in Brisbane, Queensland, vertoon.

Jackson is in afsondering op sy plaas in Guyra in New South Wales, sowat 430 km van Brisbane.

“Dit het ʼn paar keer gevat om dit reg te kry. Dit was so naby aan ʼn hartjie as wat ek dit kon kry,” het Jackson gesê. Hy het tydens die verwoestende droogte in Australië begin om die vee met die hand te voer. Hy het toe begin om met verskillende vorms te eksperimenteer om die eentonige spanning te probeer verlig.

Hy het ontdek dat as hy die name van sy gunsteling-musiekgroepe met die graan uitspel soos wat dit van die agterkant van die vragmotor afgelaai word, die trop rofweg vir ʼn paar minute lank dieselfde vorm sal aanneem.

“Dit het my beslis beter laat voel tydens die droogte,” het Jackson bygevoeg. “Hierdie hartjie vir my tannie – dit lyk of dit reg oor Australië ʼn effek gehad het,” het hy gesê oor die emosionele reaksie op sosiale media. “Miskien het ons almal net ʼn virtuele drukkie nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Misky ·

Absoluut ongelooflik en wat ‘n mooi gebaar!!!! Ek is seker Aunty Deb het dit ‘gesien’ en baie spesiaal gevoel – wow.

Persheks Adri ·

Awesome! Jou tannie sou beslis trots gewees het. Skoon trane in my oë vir die gebaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.