Video: Skillie help sy maat

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn skilpad wat ʼn ander een regop help nadat hy omgeval het, is wêreldwyd baie gewild.

Die gebruiker AuDi Yu van Taiwan het gesê hy en sy dogter het die onderstebo skilpad by Taipei-dieretuin gesien voordat sy maat hom regop gehelp het.

Die video is reeds meer as 4 miljoen keer op YouTube gekyk, maar is reeds deur meeste internasionale mediahuise vertoon.

Stefan Sirucek van die National Geographic het egter met David Steen, ʼn skilpad- en reptielkenner van Auburn-universiteit in Alabama, Amerika, oor die voorval gesels. Volgens Steen was dit moontlik net twee mannetjies wat baklei het of ʼn mannetjie en ʼn wyfie wat besig was met ʼn paringsritueel. Klik hier om meer te lees.

Intussen sê AuDi Yu dit was ʼn groot les vir sy dogter: om iemand anders te help is die bron van geluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rene ·

ai die diere kan ons almal n ding of twee leer, hulle iets baie besonders , wie kan nou nie vir diere lief wees .
dis te oulike van die skillies : 0 )

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.