Video: Skip tref hyskraan en toe val alles om

Skermgreep uit die video

ʼn Groot vragskip in Taiwan het Donderdag ʼn hyskraan getref en dit omgestamp. Volgens die Daily Mail wou die 80 000 ton skip by ʼn hawe in Kaohsiung vasmeer.

Dramatiese beeldmateriaal is baie gewild op sosiale media wat wys watter chaos daarop gevolg het. Die skip tref ʼn hyskraan, wat op sy beurt ʼn ander hyskraan tref en daarna verskeie vraghouers omstamp. Tussen 30 en 50 vraghouers is beskadig.

Hawewerkers hardloop vinnig weg om te verhoed dat die vraghouers op hulle omval.

“Die bokkraan (GC8) het ʼn algehele ineenstorting beleef en het ʼn tweede bokkraan (GC6) in die proses beskadig,” het die Taiwan-haweowerheid in ʼn verklaring gesê.

Die video is reeds meer as 3,6 miljoen keer op Twitter gekyk. “Dit was skrikwekkend,” het een persoon in die kommentaar gesê. “Verbeel jou jy maak ʼn fout van dié omvang by die werk!” het ʼn ander gesê.

Volgens Taiwan News het een werker, met die van Chang, ʼn sny aan sy regterarm opgedoen. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Twee ingenieurs was in die hyskraan vasgekeer ná die ongeluk. Reddingsbeamptes moes ʼn 60 meter-hyskraan gebruik om hulle uit die wrak te bevry. Hulle het nie ernstige fisiese beserings opgedoen nie.

Die vragskip word na bewering deur Orient Overseas Ltd bedryf, ʼn Hongkongse verskepingsmaatskappy. Die perseel is ná die ongeluk afgesper en ʼn ondersoek na die omvang van die skade is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

In ons pragtige land sou die onmiddelike reaksie gewees het:

“Eish…. I’m sorry!”

Tanniepetoors ·

Pieter, dit word so half in Afrikaans gedoen “Eish… sorry né.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.