Video: Slang verras man agter die stuur

Skermgreep uit die video

ʼn Man in Australië is onlangs deur die Queensland-polisie voorgekeer omdat hy die spoedgrens oortree het, maar beamptes besef vinnig hy het ʼn geldige rede – daar was ʼn slang saam met hom in die kajuit!

Die oostelike bruinslang is hoogs giftig en verantwoordelik vir die meeste slangbyt-sterftes in Australië.

Queensland-polisie het in ʼn verklaring gesê die bestuurder, wat slegs as “Jimmy” (27) uitgeken is, het op Dawson-hoofweg gery toe hy skielik ʼn slang saam met hom in die voertuig opgemerk het. “Ek het teen 100 km/h gery, en toe net skielik begin rem,” het hy verduidelik. “En hoe meer ek my bene beweeg het … het die slang om my begin krul. Hy het die stoel, tussen my bene, begin aanval.”

Hy het die sitplekgordel en ʼn mes gebruik om met die slang te baklei terwyl hy probeer het om met sy nutsvoertuig stil te hou.

Jimmy was bang dat hy reeds gepik is en dat sy lewe in gevaar is. Hy het geglo het hy geen ander opsie nie as om die slang dood te maak en daarmee hospitaal toe te ry, het die Queensland-polisie bygevoeg.

Beamptes het hom teen 123 km/h voorgekeer en ʼn video van die gesprek tussen Jimmy en die beampte is op sosiale media gedeel.

Alhoewel die verkeersbeampte waarskynlik al baie staaltjies en verskonings gehoor het, het hy gou besef daar steek waarheid in Jimmy se verhaal. Hy het dadelik mediese bystand vir Jimmy ontbied.

Paramedici het by die toneel opgedaag en bevind dat Jimmy gelukkig nie gepik is nie; hy het net aan skok gely.

“Dit was angswekkend. Ek was nog nooit so bly om rooi en blou ligte te sien nie,” sê Jimmy.

Driver fights off deadly snake on highway

This slimy passenger would be sure to make any driver hysssssterical! ????????

Posted by Queensland Police Service on Monday, July 6, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vonkprop ·

Iets sê vir my die man ry gereeld met ‘n slang rond. Goeie een om jouself uit ‘n boete te praat. Sal baie goed werk in SA. Hulle sal nie naby die kar kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.