[Video] Slegs een stomp vir ʼn vuur? Geen probleem

Sweedse vuurfakkel

Sweedse vuurfakkel

Dié video wys jou hoe om op ʼn eenvoudige manier ʼn kampvuur met een stomp te bou wat ure lank kan brand.

Jy kan selfs ʼn pot of pan bo-op die stomp neersit om bykans enigiets gaar te maak.

Die brandende stomp kan ook geblus word en later weer aan die brand gesteek word. Dit staan ook as ‘n “Sweedse vuurfakkel” bekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karma ·

Ek sien al hoe spat jou potjie dat dit DOER trek, as daai stomp inmekaar sak of omval …. Nee-wat, gee my maar my half drom, ordentlike doringhout en ‘n gestapelde vuur.

Patrys ·

haha lekker lag ek nou….en stem saam…daai kos gaan nie binne bly as alles onder geepad nie.

Maria van Dieweeck ·

HEHE as ons braai dan braai ons, ons hou nie fondue nie

Nommer 7 ·

En ek sien al hoe raak al daai droë blare rondom daai stomp ook aan die brand……Nie ‘n baie slim video nie…

Paul ·

Ja, al wat jy nodig het is een stomp… en… ‘n kettingsaag?
As jy dan ‘n kettingsaag het, hoekom saag jy nie dan maar die stomp netjies in stukke hout van jou voorkeurgrootte op nie?
Hierdie is ‘n lekker resep vir die pan of ketel bo-op die stomp om om te val wanneer die bokant van die stomp insak. Gebeur nie as jy dit op klippe in ‘n normale vuur staanmaak nie.

James ·

Sal nie werk vir my braairooster nie, ‘n pan hoort op ‘n stoof. Miskien OK vir ‘n vuurpit?

FC ·

het nie die video gekyk nie, net storie en kommentaar gelees en nou is ek lekker honger.
my mond water skoon vir heerlike braaivleis

Louis van Niekerk ·

Die Boere dink mos dis net hulle wat weet van braai en vuurmaak! Dis waarom hulle nou so bedreig voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.