Video: Slim katjie drink sommer self by die verkoeler

Skermgreep uit die video

Video’s oor diere is gewoonlik baie gewild op sosiale media. Een van dié video’s is van ʼn kat wat self water uit ʼn verkoeler drink.

Die video is deur die gebruiker Buitengebieden op Twitter gedeel met die byskrif: “Bly gehidreer”.

Die kat staan langs ʼn verkoeler en druk met sy poot op die spuitknoppie om water te drink.

Die video is reeds meer as 8 miljoen keer gekyk.

“Diere is baie slim! So oulik,” skryf een gebruiker. “Dis die perfekte voorbeeld van ʼn na-apery! Katte is kampioene hiermee,” skryf ʼn ander.

“Siestog, gee vir hom ʼn stoeltjie sodat hy nie so hoef te rek nie!” skryf nog iemand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

daarsdit ·

Baie oulik, het ‘n Huskey kruising wat ook uitgevind het hoe om water by die yskas te drink. Moes hom laat buite slaap van 1 jaar af, het die yskas heeltemal gekrap. Was so oulik en hartseer te gelyk.

Johan ·

Baie mense onderskat n kat se intelegensie omdat hul geaardheid anders as honde s’n is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.