Video: Slim oplossing vir bruide in die knyp

Skermgreep uit die video

As jy binnekort self in ʼn wye trourok by die gangetjie gaan afstap, of ʼn strooimeisie gaan wees, is dié uitvinding dalk net vir jou bedoel.

Dit is geen wonder dat dit waarskynlik moeilik is om jouself te verlig in die badkamer as jy só groot en wye rok dra nie. “Bridal Buddy” is ʼn moet-hê-bykomstigheid vir enige bruid op haar groot dag: vriende en familie se hulp is, danksy dié handige uitvinding, nie meer nodig in die badkamer nie!

Heather Stenlake van Pennsylvania in Amerika het die Bridal Buddy ontwerp – spesifiek met bruide in gedagte. Die net onderrok word onder ʼn wye rok aangetrek en dit kan maklik oor die wye rok opgevou word om dinge vir die bruid te vergemaklik.

Stenlake het al haar uitvinding in 2015 vir die eerste keer geadverteer, maar dit is eers nadat sy in Mei 2017 op die televisieprogram Shark Tank verskyn het, dat haar produk die nodige erkenning gekry het.

Volgens die webwerf is die Bridal Buddy (teen $39.95) bedoel om “bruide te red van die aaklige badkamer-bruid-ervaring”.

Die Bridal Buddy is nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar kan op Amazon bestel word teen $59.99 (ongeveer R740).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HB ·

Dis nou n fantastiese uitvindsel…. Vreemd maar fantasties….. Ha ha ha

petro vd merwe ·

Naandse…Dankie vir Maroela Media wat so gereeld met ons alles deel n op hoogte hou van wat waar aangaan n waarvoor ons moet uitkyk of oppas…Julle lewer ñ Awesome Diens…

Amanda ·

Ek moes my skoonsus kry om te help want die rok is op maar wou nie weer af nie. Die ry knopies agter het aanmekaar vas gehaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.