Video: Slim plan vir nuuskierige woefe

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn heining, waar twee hondegesiggies skielik uit gate in die heining loer, vermaak talle kykers.

Buiten om te gaan stap en etenstyd, is daar min dinge waarvoor honde so lief is as om nuwe vriende te maak. Hulle is gewoonlik baie opgewonde wanneer daar ʼn nuwe troeteldier of persoon in die omgewing is by wie hulle liefde kan kry – hulle ore staan regop, hulle sterte gaan sommer aan die waai en gewoonlik gesels hulle sommer ook lekker saam met my hul geblaffery.

Erin Joyce, ʼn troeteldiereienaar, het geweet hoe lief haar viervoetige kinders daarvoor is om nuwe mense te sien, so sy het besluit om ʼn plan te beraam sodat hulle deur die heining na buite kan kyk. Sy het op die regte hoogte gate in die heining gesny sodat die nuuskierige woefe maklik kan loer wat in die straat aangaan.

ʼn Video van die vrou, wanneer sy terugkeer huis toe en haar honde skielik hul snoete deur die gate druk, word wyd op sosiale media gedeel. Die video is oorspronklik deur @e.clare93 op TikTok gedeel. “My liefies verwelkom my by die huis,” het sy by die video geskryf.

@e.clare93

My darlings welcoming me home ???? #dog #dogs #welcomehome #peekaboo

♬ original sound – Erin Joyce

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stof ·

Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder…
Maar dan moet ons byvoeg, wat is ‘n huishouding sonder honde.
Honde is seker die beste kopdokters wat ooit geskape is. Hulle verseker dat die mensdom waardig kan leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.