[Video] Slim sjimpansee op soek na koeldrank

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn slim sjimpansee wat ʼn bietjie koeldrank wil drink, het kykers gaande.

Die video is by ʼn dieretuin verfilm en die sjimpansee is slim genoeg om vir die mense agter die venster te beduie dat hy bietjie koeldrank wil hê, en om vir hulle te wys waar hulle vir hom van die koeldrank kan gee.

Die vrou bied ook vir hom ʼn piesang aan en hy beduie sy kan dit moontlik oor die venster na hom toe gooi.

Die gebruiker Spiritflier het al in 2011 die video op YouTube gelaai, maar dit het onlangs weer die ronde begin doen op sosiale media. Dit is nie duidelik by watter dieretuin die video verfilm is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kiepie ·

Is dit net ek wat dink dis een van die hartseerste goed wat ek in ‘n lang tyd gesien het?

Ander Annie ·

Baie slim dier. Jammer hy word in ‘n hok van sy vryheid ontneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.