Video: So hittete of die trourok brand

Skermskoot uit die video

ʼn Bruid het baie groot geskrik toe sy besef het haar trourok het byna twee keer aan die brand geslaan, maar sy het op haar spesiale dag glad nie daarvan geweet nie.

ʼn TikTok-gebruiker genaamd @holblythe het ʼn video van die voorval op dié sosialemediaplatform gedeel.

Tydens die troue is kerse op die vloer geplaas – aan albei kante van die paadjie.

In die video, wat al meer as 53 000 keer gekyk is, verduidelik sy dat sy eers besef het hoe byna haar dag in ʼn ramp ontaard het, toe sy na beeldmateriaal van die dag gekyk het.

“Ek verskaf vermaak in die paadjie,” skerts sy in die video. “Kyk hoe my rok byna twee keer aan die brand slaan sonder dat ek bewus is daarvan.”

Gelukkig is die rok nie beskadig nie en sy is ook nie beseer nie.

“Iemand het jou beslis daardie dag beskerm!” skryf een kyker in die kommentaar. “Oukei, ʼn nota aan myself: geen kerse in die paadjie nie!” skryf nog ʼn persoon.

ʼn Fotograaf het bygevoeg dat kerse langs stoele gewoonlik ʼn groot probleem is. “Mense stamp dit gereeld om.”

@holblythe

Providing the entertainment down the aisle ???? #weddingtiktok #bridesoftiktok #2022wedding

♬ original sound – H•B•X

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

Dit was nou regtig nie mooi deurdink nie en daai paadjie is juis baie nou.

Miskruier ·

Vandag se rokke is pure plastiek. Genadiglik het sy nie aan die brand geslaan nie.

Leon ·

Ek was by Jenine Grobler (Getroud met Rugby aktrise) se troue, en haar rok het ook vir so rukkie vlam gevat weens die kerse langs die paadjie sonder dat sy eers weet daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.