Video: Só klink die oudste liedjie wat bestaan

Die kleitablet (Foto: Fine Art Images/Heritage Images/Getty Images)

Die kleitablet (Foto: Fine Art Images/Heritage Images/Getty Images)

Die oudste liedjie wat aan die mens bekend is, ʼn 3 400 jaar oue Horitiese melodie wat in die laat 1900’s deur wetenskaplikes en musici getoonset is, doen nou weer die ronde op sosiale media.

Dié liedjie is in 1950 in Ugarit in Sirië ontdek, en was op ʼn kleitablet in spykerskrif geskryf. Dit is die oudste liedjie wat tot dusver aan navorsers bekend is.

Die lied was glo opgedra aan die Horite se godin van die boorde.

Die kleitablet spesifiseer nege liersnare en tussenposes tussen dié snare.

Hoewel navorsers ook 30 ander stukke kleitablette saam met dié van die liedjie opgespoor het, is die lied die enigste een waarvan navorsers kon sinmaak.

Die notasie van die melodie, anders as die hedendaagse musieknotasie wat sedert 1 000 n.C. gebruik word, is ʼn stel instruksies vir intervalle wat geskoei is op ʼn diatoniese skaal.

Hoewel die lirieke ingewikkeld is om te verhaal, kon navorsers daarin slaag om dele van die liedjie te vertaal.

“Wanneer ek die godheid bemin, sal sy my in haar hart liefhê
die offer wat ek bring, mag dalk my sondes heeltemal bedek
om sesamolie na die altaar te bring, mag dalk namens my werk”

Bron: ClassicFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E.K. - ek sê net! ·

Baie interessant! Glo nie dit sal op Maroela se Top 20 verskyn nie ; )

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.